PADLANGS-03-1
travel-centre-logo-01-300x204-1
  • HOME
  • STORIES
    • History
    • Geology
    • People
    • Towns / Cities
    • Flora & Fauna
  • CATEGORIES
    • A snapshot in time
    • Grave Matters
    • Pic of the week
    • Upcycling at its best
    • What's in a name?
    • Where on earth?
    • Bittersweet Karas Home
    • Echoes of the Aawambo
    • Afrikaans ons taal
  • BOOKS
  • ABOUT
  • CONTACT US
Hit enter to search or ESC to close

    Afrikaans ons taal

    Onthou ons spotprenttekenaars

    By Gert Jacobie
    May 24, 2025
    Oor tyd, toe veral koerante nie graag op straat wou verskyn sonder 'n betekenisvolle spotprent nie, het selfs dié spesies 'n rol in die Namibiese media-omgewing gespeel. Ek praat nou van regte egte Namibiërs wat die plek, die mense en die aard van die kuns verstaan het. Goeie spotprente in 'n politieke wapen en die skeppers van die kuns is spesiale mense.
     
    500214898_1092510459566328_2023849950255523039_n
     
    In Namibia was Gene Travers (Heliën van den Berg) só spesiale een. Hy is ook al tien jaar dood, maar hy was 'n ware impakspeler as dit by spotprente gekom het. Sonder veel leiding van die redakteurs vir wie hy gewerk het, kon hy situasies in prentjies vasvang (hy het hom maar moeilik laat voorskryf) en só het hy 'n eie groep volgelinge gebou wat vandag nog beweer hy was GOAT (Best Of All Times) in hierdie land. Hy kon oorle Pres. Sam Nujoma met 'n paar penstrepe op papier lewendig maak, soos met mense soos Gert Hanekom, wat Gene oor gesê het deur God geskape is sodat hy (Gene) hom kon teken.
     
    Gene kon ook die taal (Afrikaans) gebruik om betekenis te gee aan sy spotprentkuns. Wie sal ooit vergeet van die kaskenades van die twee Fokker-vlieëniers toe Air Namibia daagliks in die nuus was.
     
    499965416_1092510586232982_7676307075571522203_n
     
    Dan was daar die talentvolle jong Marius Fourie wat destyds die tekenbord bestorm het toe die ou Nasionale Party nie 'n spotprenttekenaar vir sy lyfblad, Suidwester, gehad het nie.
     
    Marius se prente was uitstekend en sy stoutgatgeit het vêr en wyd geslaan. Ons was destyds uit die koerantkantoor uit ook saam dienspligtig en beland 'n slag saam op twee gevegsvoertuie net noord van Tsumeb op 'n hakkejag. PLAN was die vyand aan die skerpkant van die geweerloop en aan die stompkant was daar 'n beneukte luitenant in bevel van ons Gideonsbende op die gevegspad. Marius en die luitenant was haaks en een oggend toe almal op die voertuie klim het Maruis 'n teiken teenoor die sitplek van luitenant met wit bordkryt getrek en op die Buffel se kant geskryf; "Shoot RPG here."
     
    500749836_1092510526232988_2600202850023923790_n
     
    Hy en sy mooi vroutjie, Brenda, het later Vredendal (aan die Weskus) toe verskuif waar hy vir die Weslander prentjies geteken het en besigheid bedryf het wat grafiese ontwerp en logo's gemaak het.
     
    Die werke van sy hande staan op daai baie bekende stukkende windpomp tussen die skilderagtige dorpie Paternoster en Vredendal met 'n moerse kennisgewing "Moertoegepomp" daarop. Hy is ook al vandeesmaand twee jaar gelede kunstenaarshemel toe.
    All posts
    About Author
    Gert Jacobie

    You might also like
    Thys agter die duine
    Thys agter die duine
    May 24, 2025
    Ou boeke vertel die verhaal
    Ou boeke vertel die verhaal
    May 24, 2025
    SUBMIT YOUR COMMENT
    Padlangs_Cream_alt
    Our Sister Brands
    Copyright 2025. All Rights Reserved by Padlangs, Gondwana Collection Namibia