PADLANGS-03-1
travel-centre-logo-01-300x204-1
  • HOME
  • STORIES
    • History
    • Geology
    • People
    • Towns / Cities
    • Flora & Fauna
  • CATEGORIES
    • A snapshot in time
    • Grave Matters
    • Pic of the week
    • Upcycling at its best
    • What's in a name?
    • Where on earth?
    • Bittersweet Karas Home
    • Echoes of the Aawambo
    • Afrikaans ons taal
  • BOOKS
  • ABOUT
  • CONTACT US
Hit enter to search or ESC to close

    Afrikaans ons taal

    Herero kuierkierie

    By Gert Jacobie
    September 11, 2024

    Ek is geen spesialis van etnisiteit nie en ek is ook nie geleerd in enige van die dissiplines van volkekunde nie, maar dae, maande en jare se ervaring van veral Namibia se etniese groepe het my geleer 'n kierie is nie 'n ding wat net oumense regop hou as hulle swaar loop nie.

    11_Herero Kuierkierie-02 (1)-1
    'n Kierie in die hand van sy draer is ook nie 'n uitvindsel of 'n wetenskaplike ondekking nie. 'n Kierie moes ontwikkel met tyd. Van 'n langerige stok af tot 'n vertoonstuk, maar altyd 'n verlenging van die menslike arm.

    Ouma's en oupa's in die herfsjare van hul lewens het sedert menseheugenis 'n kierie met 'n gekufde handstuk aan gebruik om stout kinders mee nader te trek. Veewagters het dit gedra agter bokke en skaap. In die Bybel beskryf die Psalmdigter 'n kierie; "U stok en U staf vertroos my..." (Psalm 23). Só bly 'n beskeie kierie die een stuk gereedskap wat die mens van alle tye af natuurlik in die hand val.

    In Namibia is 'n kieries ook kunswerke wat van nader bekyk moet word. In die Noorde veral bied die plantegroei 'n onbeperkte bron van materiaal vir manstaan-kierieproduksie. Veral mopanie- en sandveld-geelhout maak lekker werkkieries. Daar is 'n natuurlike ewewigtigheid in die hout wat die balans tussen lengte, sterkte, buigsaamheid en langdurigheid logies laat volg. Dis ook waarom geelhout-skoffelpikke, -handbyltjies en swaar bylhandvatsels so gewild is. As jy diep in die agterveld loop, kry jy straks 'n kryger wat nog op 'n os ry en bewapen is met verskeie stuks oorlewingswapens. In Namibia is dit 'n 2l Cokebottel wat in 'n stuk goiing toegewerk is, 'n kort, geelhout-byltjie met 'n lem wat in die kaprigting (of dwars soos 'n bospik) ge-oriënteer is, 'n langer en dikker kierie om mee dood te slaan en 'n langerige mes in 'n bypassende houtskede. Só kryger het snymerke onder sy oë, moontlik 'n uit voortant en hy dra tradisionele klere en 'n winkelbaadjie.

    11_Herero Kuierkierie-03 (1)

    Die vertoonkierie van 'n grootman (ouer) Herero is iets besonders. Dis gewoon 'n langerige kierie, dun en gladgevat met 'n klein koppie. Een waarmee hy selde gesien sal word. Die klein koppie van die knopkierie het die beskywing van 'n lang man met, wel... 'n klein koppie uitgelok. "Klein koppie soos 'n Herero-kuierkierie!" Die gemiddelde Herero is 'n vee-eienaar en hy gaan gereeld veeposte besoek. Die moderne Herero ry 'n khaki Land Cruiser enkelkajuit, hy dra Boerboelbroeke, tweekleur hemde en 'n breërandhoed. Daar's 'n Leatherman aan sy gordel, daar's CAT-skoene en 'n kuierkierie in sy hand.

    In die Noordweste het 'n kierie 'n ander doel waarvoor die lengte aangepas is. Effe langer en effe dunner. Dis om in slang mee te fnuik. As daar twyfel is, sal die draer vooruit daarmee in 'n bos rondsteek.

    Terloops, ek het al by woonplekke van Damars's aangekom waar die werf smiddae gevee word. Hulle sê dis om slangspore te sien voor hulle sawens loop slaap. Dit gebeur in plekke waar die dae warm en die nagte koud is.... teen slaaptyd klim die pofadders en sebraslange voor mense in die kooi, en hulle wil nie gepla word nie.

    Dan is 'n goeie kierie nie gerieflik nie, hy is onontbeerlik!

    11_Herero Kuierkierie-04 (1)

     

    All posts
    About Author
    Gert Jacobie

    You might also like
    Onthou ons spotprenttekenaars
    Onthou ons spotprenttekenaars
    September 11, 2024
    Thys agter die duine
    Thys agter die duine
    September 11, 2024
    Ou boeke vertel die verhaal
    Ou boeke vertel die verhaal
    September 11, 2024
    SUBMIT YOUR COMMENT
    Padlangs_Cream_alt
    Our Sister Brands
    Copyright 2025. All Rights Reserved by Padlangs, Gondwana Collection Namibia