PADLANGS-03-1
travel-centre-logo-01-300x204-1
  • HOME
  • STORIES
    • History
    • Geology
    • People
    • Towns / Cities
    • Flora & Fauna
  • CATEGORIES
    • A snapshot in time
    • Grave Matters
    • Pic of the week
    • Upcycling at its best
    • What's in a name?
    • Where on earth?
    • Bittersweet Karas Home
    • Echoes of the Aawambo
    • Afrikaans ons taal
  • BOOKS
  • ABOUT
  • CONTACT US
Hit enter to search or ESC to close

    Afrikaans ons taal

    As die Sewe Susters opdaag

    By Gert Jacobie
    September 21, 2024

    Ons staan buite en praat oor die sterre wat helder soos skitterende diamante in die hemelruim hang. Dis lente in Namibia en die aandluggie is koel. My gespreksgenoot is Petrus van Engela in die Oukwanyama-stamgebied teen die grens met Angola.

    21_As die Sewe Susters opdaag-04 (1)

    Hy kyk in die hemelruim rond en wys na die "okalimba nambwa" en soek woorde om die verskynsel te verduidelik. Hy sê in sy taal is dit die haas en die honde en dit beteken die tyd het aangebreek dat die vroue die lande voorberei om hulle lappies mahango te plant. Dis amper tyd vir "okukuna". Om te plant. Die landerye moet skoon wees, die plantreste van die vorige seisoen moet op hope verbrand word en as hulle kan, moet die lappies plantgrond bietjie groter gemaak word. Hy verduidelik vir my ook dat mense mahango vir n deel van die lande goedkoop by die landbou-kantoor kan koop. As jou "tuin" groot is, kan jy 'n trekker huur. Deesdae kan jy kunsmis ook by Landbou kry... hy noem dit "shosho" wat jy gooi, maar dis nie beeste of bokke s'n nie. Dit kom glo met 'n skip.

    Ek sê nee man, dit moet eers reën en hy dring aan dat mens op voorbereide lande plant. Ek kan nie stry nie.

    In my oplees oor die onderwerp kom ek agter Afrikane in Suider-Afrika het lankal die sterre dopgehou om sien wanneer hulle moet plant om die graanmandjies vol te kry. Die Sotho noem die sterre wat Pieta sien die "selemela". Eeue oue tradisionele tekens dat die tyd reg is om die skoffelpikke uit te haal.

    21_As die Sewe Susters opdaag-02

    Bietjie opleeswerk verder kry ek 'n geskrif deur 'n student van die Griekse mitologie wat gaan oor pleiades in die Orion-konstellasie. Die jagter het verlief geraak op pleiades (ook bekend as die Sewe Susters) en hulle begin volg. Zeus, die god van die hemel en donderweer, het toe die sewe nimfe in die ruimte gesit om ewig daar buite bereik van die Jagter te bly.

    Petrus van Engela sê as die haas en die honde in die hemel verskyn ná die winter, moet gegrawe en geplant word. Ek moet geld gee dat hy kan ry, want die vroue moet genoeg mahango plant om sy kinders ook te versorg.

    Ek is nie seker of ons twee na dieselfde sterre gekyk het nie, maar ek weet Petrus wil hierdie tyd elke jaar vir 'n kort tydjie stokhuis toe gaan. Hy het ook drome om sy kinders genoeg te laat eet en vir hulle 'n blyplek agter te laat as die Kalunga hom uiteindelik roep.

    Toe ek in my bed lê en wag dat die soete slaap die demone in die nagdonker verjaag, lê en dink ek aan my Oukwanyama-vriend se dilemma's. Hy is 'n tradisionalis van die eerste waters wat in die stad en aan die kus werk om sy familie te onderhou. Hy hoor sy selfoonradio sê wanneer die tyd vir ploeg en plant aanbreek en waar hy saad en kunsmis kan kry en môre bel hy by die stokhuis om te hoor of die vroue aan die gang is.

    Dan sê hulle: "Maar ons het nog nie die Haas en die Honde in die hemel gesien nie."

    21_As die Sewe Susters opdaag-03

     

    All posts
    About Author
    Gert Jacobie

    You might also like
    Onthou ons spotprenttekenaars
    Onthou ons spotprenttekenaars
    September 21, 2024
    Thys agter die duine
    Thys agter die duine
    September 21, 2024
    Ou boeke vertel die verhaal
    Ou boeke vertel die verhaal
    September 21, 2024
    SUBMIT YOUR COMMENT
    Padlangs_Cream_alt
    Our Sister Brands
    Copyright 2025. All Rights Reserved by Padlangs, Gondwana Collection Namibia