PADLANGS-03-1
travel-centre-logo-01-300x204-1
  • HOME
  • STORIES
    • History
    • Geology
    • People
    • Towns / Cities
    • Flora & Fauna
  • CATEGORIES
    • A snapshot in time
    • Grave Matters
    • Pic of the week
    • Upcycling at its best
    • What's in a name?
    • Where on earth?
    • Bittersweet Karas Home
    • Echoes of the Aawambo
    • Afrikaans ons taal
  • BOOKS
  • ABOUT
  • CONTACT US
Hit enter to search or ESC to close

    Afrikaans ons taal

    Van Nylstroom tot Humpata

    By Gert Jacobie
    July 26, 2025
    Mens moet nie oordeel nie. Dis nie mooi nie... maar wragtig, soms kan jy net jou kop in ongeloof skud.
     
    Navorsing oor die Angolaboere wat in Desember 1928 by Swartbooisdrif oor die Kunene-rivier gekom het om 'n nuwe lewe in vandag se Namibia te maak, lei my toe op vreemde paaie en hierdie ongelooflike stukkie geskiedenis
     
    In my soektog na meer inligting oor die trekgeestiges se redes vir die selffoltering van 50 jaar in Angola, kom ek op die Jarusalemiete van ene Enslin af wat só kwaad was vir alles wat Engels is, dat hulle met hulle waens uit die Transvaal Jarusalem toe wou trek. Gedryf deur hulle "profeet" Johan Adam Enslin (1800 - 1852) het hulle Engelsman-haat en kerkprobleme toegeneem tot op die punt waar trek vir hulle na die finale uitweg gelyk het. Hulle het gereken, selfs voor die tyd van ander Boereprofete en die Anglo-Boereoorlog, dat die Britte een van die horings van die dier is wat in Openbaringe in die Bybel beskryf word.
    Nou sal mens vra hoe hulle in Jarusalem wou uitkom? Wel, hulle wou met waens en osse trek, want, só sou hulle glo; "dis omtrent so ver van die Tranvaal af soos die Kaap".
     
    Rekords van dié Jarusalemiete bestaan sedert 1836 in die omgewing van die Swartberge tussen die Groot- en Kleinkaroo. Enslin was 'n ystersmid, bekend as "Die Profeet" wat met sy mense getrek het na die teenswoordige Tarkastad in Natal, daarna na die Vrystaat en toe ná anneksasie deur Groot Brittanje, die Transvaal in.
    Enslin en sy gevolg het geglo Jerusalem kan nie onbereikbaar ver wees nie, want hulle het Arabierperde by plaaslike swart stamme gesien.
     
    J.P. Claasen sê in die Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek die Jerusalemiete het voorbereiding gemaak vir hulle trek. Terwyl H.T. Bührmann (1822-1890), die onderhandelaar tussen groepe verdeelde trekboere in die Transvaal, die setlaars in die Transvaal probeer verenig het, is hy deur Enslin-hulle gevra hoe vêr Marico van Jarusalem af is. Hulle gevoel was dat so trek ses weke tot twee maande kan duur as alles goed verloop. Bürmann het verduidelik dis sewe of agt keer die afstand tussen Rustenburg en Kaapstad en dat daar onoorkomelike moeite tussen Marico en Jarusalem lê. Hy het hulle gewaarsku dat hulle nie 'n Moses in die trekgroep het nie en dat Palesina 'n woestyn is en deur rowers en woestaards beset word.
     
    Die storie loop ook nie dood waar Enslin aan, waarslynlik, koors gesterf het nie. Die plek, Nylstroom kom uit die stukkie geskiedenis van die Jarusalemgangers. In die kerkgeskiedenis van Suid-Afrika word ook oor dié weerbarstige spul geskryf.
    En finaal - die Dorslandtrekke van 1874 tot 1880 het uiteindelik in Desember 1928 by Swartbooisdrif tot 'n einde gekom en finaal die sirkel van dié uitstappie voltooi. In die kerkregister van die Doppers van Humpata verskyn die name van minstens drie Enslins wat die verbintenis met die Jarusalemgangers bevestig.
     
    (Voetnota: Die blanke Afrikaners wat as Dorslandtrekkers na Angola getrek het is in 1928 ná onderhandelinge met die Unie van Suid-Afrika se Eerste Minister, genl. J.B.M. Hertzog, oor die Kunene-rivier in Suidwes-Afrika terug verwelkom. Van hulle is bykans 2000 na Suid-Afrika gerepatriëer en nagenoeg 600 (jonk en oud) in die mandaatgebied gevestig).
    All posts
    About Author
    Gert Jacobie

    You might also like
    Peste en ellendes
    Peste en ellendes
    July 26, 2025
    Hard soos kameeldoringhout
    Hard soos kameeldoringhout
    July 26, 2025
    SUBMIT YOUR COMMENT
    Padlangs_Cream_alt
    Our Sister Brands
    Copyright 2025. All Rights Reserved by Padlangs, Gondwana Collection Namibia