PADLANGS-03-1
travel-centre-logo-01-300x204-1
  • HOME
  • STORIES
    • History
    • Geology
    • People
    • Towns / Cities
    • Flora & Fauna
  • CATEGORIES
    • A snapshot in time
    • Grave Matters
    • Pic of the week
    • Upcycling at its best
    • What's in a name?
    • Where on earth?
    • Bittersweet Karas Home
    • Echoes of the Aawambo
    • Afrikaans ons taal
  • BOOKS
  • ABOUT
  • CONTACT US
Hit enter to search or ESC to close

    Afrikaans ons taal

    Hard soos kameeldoringhout

    By Gert Jacobie
    July 12, 2025

    In 1842 was James Frank Bassinghtwaighte een die eerste Europiërs wat in Walvisbaai (destyds Conception Bay) aan wal gelaat is. Volgens oorlewering was hy op 20-jarige ouderdom 'n skrynwerker op 'n handelskip tussen St. Helena en die Oos-Indiese eilande toe 'n handelaar, ene Morris, hom tydens die seevaart onderweg om Kaap van Storms oorreed het om liefs 'n pionier in die toenmalige Groot Namakwaland te word en beeste by die inwoners van die onbekende land te koop, want op St. Helena was daar nie genoeg slagvee nie.

     

    Morris was bekend met die land en hy het inderdaad 'n handelsvennoot, Sydney Dickson - wat saam met sy vrou en dogter uit die Suide oor die Grootrivier die land ingetrek het - gehad. Dit was juis die Dixons wat vir James Bassinghtwaighte en Morris aan die kus ingewag het.

     

    Colin Earl Bell het 'n herinnering oor Bassingthwaighte en sy pionierslewe in Suidwes-Afrika geskryf wat in 1977 gepubliseer is as 'n roman oor die lewe en strewe van James, wie se nageslagte vandag in die honderde in 'n moderne Namibia tel en gerekende boere en sakemense is.

     

    Uit Bell se verromantiseerde herinnerige op skrif oor die eerste Bassingthwaighte is dit duidelik dat die vennootskap met Morris 'n kort lewensduurte gehad het, maar dat die onblusbare soeke na avontuur en 'n lewe in Afrika die jong James aangevuur het. In 'n gees van opregte liefde vir Sydney Dixon se 10-jarige dogter Rebecca - hy is jare later met haar getroud en hulle kinders en dié se kinders se stemme weergalm vandag nog in die Namibiese berge en oor die land van son en see - het die paar hulle bydrae tot vandag se Namibia gemaak.

     

    Bell se boek, South West Pioneer, vertel hoe die geseldkap met hulle Namawerkers eers die binneland ingedring het, handelaars en stamhoofde se waens herstel het, beeste gekoop en verkoop het en selfs die koperneerslae in die Khomashocland (Matchless Myn) gevind het.

     

    Anders as die handelaar-sendelinge van sy tyd, het James Bassingthwaighte nie op die werwing van siele vir enige geloof gekonsentreer nie, maar sy lewe gewy aan sy gekose skrynwerkersberoep, vroeë diplomasie in 'n geweldgeteisterde land en veehandel. Trouens, soos soveel ander handelaars het hy bees opgekoop of verdien met sy werk, en dit na Kaapstad aangedryf, waar dit op die markte in Maitland verkoop is.

     

    Destyds was die buffergebied tussen Otjimbingwe/Barman en Okahandja in die noorde en Rehoboth verder suid die skeidslyn tussen die oorlogsugtige Herero- en Nama-inwoners, met die blanke sendelinge, handelaars en jagters as die "stem van rede", maar ook soos dit omstandighede gepas het.

     

    In die boek van Bell van 'n insident toe Bassingthwaighte die baasjagter, James Chapman op Otjimbingwe ontmoet het, waar dié se trekosse Bassingthwaighte se beeskudde met longsiek besmet het. Elke bees in die Bassingthwaighte-kudde het gevrek en hy moes weer begin.

     

    Bassingthwaighte het 'n laaste groot beestrek vanaf sy plaas, Harige Kakebeen in die Suide, na die Kaapse vleismark onderneem waar hy in 1888 dood is. Sy lyk is teruggebring en hy is op Suidwes-grond te ruste gelê.

     

    Só het die Bassingthwaightes in die land aangekom en deur harde werk, integriteit en ondermemingsgees deel van die Namibiese geskiedenis geword.

     

     

    All posts
    About Author
    Gert Jacobie

    You might also like
    Ta'Malie die wydloper
    Ta'Malie die wydloper
    July 12, 2025
    As die jaar mooi loop
    As die jaar mooi loop
    July 12, 2025
    SUBMIT YOUR COMMENT
    Padlangs_Cream_alt
    Our Sister Brands
    Copyright 2025. All Rights Reserved by Padlangs, Gondwana Collection Namibia