PADLANGS-03-1
travel-centre-logo-01-300x204-1
  • HOME
  • STORIES
    • History
    • Geology
    • People
    • Towns / Cities
    • Flora & Fauna
  • CATEGORIES
    • A snapshot in time
    • Grave Matters
    • Pic of the week
    • Upcycling at its best
    • What's in a name?
    • Where on earth?
    • Bittersweet Karas Home
    • Echoes of the Aawambo
    • Afrikaans ons taal
  • BOOKS
  • ABOUT
  • CONTACT US
Hit enter to search or ESC to close

    adventure , people

    Hans en die Rooinek

    By Gert Jacobie
    April 26, 2025
    Min lesers sal dié fliek van 1961 onthou. Dit was 'n meesterstuk uit die stal van Jamie Uys, akteur en filmmaker van weleer en het gegaan oor twee reisigers in 'n bus tussen Johannesburg en Kaapstad wat aan die stry geraak het terwyl hulle meisies in die bus vermaak het en toe langs die pad afgelaai is om terug te stap na Johannesburg.
     
    Ek dink aan die fliek oor die Boer en die Engelsman wat ek as seuntjie in Windhoek gesien het 'n paar jaar ná die rolprent as 'n komedie uitgereik is. Ou Suidwes-Afrika was vêr van die groot stede af en die poslorrie het stadig gery. Dalk het ons die fliek eers baie later hier in die Acmé, Odeon of Alahambra met 'n middagvertoning (mêtinie) gesien.
     
    Nou hoekom Hans en die Rooinek? Jamie Uys en sy Rooinek (Engelsman) se storie is nou baie, baie jare later vir my die argetipe van die verhouding (in breë) wat blanke Afrikaanssprekendes met die andertaliges rondom hulle bou. Tot hulle mak raak en uit hulle doppe kruip, lug(engels)tyd by die Porra op die hoek gaan koop, uit hulle ossewalaers kom en met die mense om hulle begin kommunikeer. Hans en die Rooinek vertel vir my die storie op sy beste. Hans en die Rooinek het amper tot die dood met mekaar haaks gebly en soos in alle lekker stories, uiteindelik as groot vriende in Johannesburg aangekom.
     
     Jamie Uys
     
    Projekteer maar die storielyn na moderne tye en die Afrikaner boereklas in vandag se Namibia. Hulle is aan elkander se kele tot hulle mekaar uiteindelik vind en soos óú broers voortleef. Hulle is gewoon hardnekkige konings op hul eie plase en onseker van hulleself in groter omgewings. Trek die een links, trek die ander regs. Behaal die een welslae, kritiseer die ander hom. Dien die een op die kerkraad, bedink die ander 'n nuwe kerklike verband met nuwe sangboeke. Dis 'n moeilike, hardkoppige takhaar-lot.
    Ek het weer na grepe uit Hans en die Rooinek gaan kyk om my eie Afrikanerskap te evalueer en te probeer vasstel of ek in sestig jaar nie net vir Hans kon leer verstaan nie, maar die Rooinek kom leer verdra.
     
    My afleiding: Baie het verander, maar so af en toe haal die satan 'n mens van agter af in en dan skreeu jy; Jou soutie of Blokkop.
    Maar hulle het ook mak geword. Hulle skreeu sommer gou terug; ja Wingnut of Rock Spider. As hulle wil diep grawe, snou hulle ons iets in Engels of Duits toe wat ons in elk geval nie verstaan nie.
     
    Ek moet eerlik wees ook... nou dat die NGKerk van die Suid-Afrikaanse moederliggam geskei het, hoofsaaklik oor die kwessie van selfdegeslag huwelike, die Nasionale party en die Broederbond tot niet is, verdra die klomp Afrikaners, Engelsmanne en Duitsers mekaar darem. Ons het hulle al leer Afrikaans praat.
     
    Hans en die rooinek book
     
    Toe my oorle Tannie Rita destyds 'n selfoon kry vra ek haar 'n slag om vir ons afval vir Sondag-ete te kook en soos sy maar was, gee dit eers 'n stryery af. Ek en haar man is te min vir soveel moeite en so aan. Ek stel toe voor sy skakel my broer en nooi hom em vrou ook en toe stry ons weer... oor die afval wat deesdae so duur is en nou moet sy nog vir Chris op haar koste bel en wat nog. Ek bied aan om vir alles te betaal, maar ek soek 'n definitiewe "ja" van haar kant af.
     
    Sy bel toe op slag vir Chris, maar hy antwoord nie. Toe die foon oorskakel na die stemboodskap, sê die vrouestem op Engels sy moet 'n boodskap laat. Ou Rita druk op slag dood en sy vir my hulle praat Engels met haar.
    Ek sê toe vir haar bel weer, dis 'n stemboodskap wat Chris later sal kry. Sy bel en toe sy 'n slag luister wat die meisie sê, antwoord sy: "Ag liefie, as jy vir Chris sien, sê tog hy moet sy tannie Rita bel."
     
    Met al die misverstande agter die rug, en met Chris aan die lyn, het ons toe Sondag heerlik pens en pootjies, geel rys, beetslaai en bietjie opgekookte groenboontjies geëet.
    All posts
    About Author
    Gert Jacobie

    You might also like
    Meirngspoort stories
    Meirngspoort stories
    April 26, 2025
    Kaokoland’s renowned ‘Stonemen’
    Kaokoland’s renowned ‘Stonemen’
    April 26, 2025
    SUBMIT YOUR COMMENT
    Padlangs_Cream_alt
    Our Sister Brands
    Copyright 2025. All Rights Reserved by Padlangs, Gondwana Collection Namibia