Padlangs Namibia

Thys agter die duine

Written by Gert Jacobie | May 15, 2025 1:02:04 PM
Gebore Thys Streicher en bekend as "Thys die Bosveldklong" is seker te vroeg dood, en boonop nog in armoede ook; hy het mense vermaak en hulle voete laat raas op die stowwerige dansbane in Namibia. Hy was as vermaaklikheidskunstenaar en sanger van ligte Afrikaanse musiek baie gewild en hy was lief vir Namibia en Namibia was lief vir hom.
 
Eerste Afrikaanse sanger wat ek raalgeloop het wat ons Duitsers hier op die platteland sommer so aan die dans kon kry as die bier oop geloop het. Ek het dit gesien gebeur en net my kop geskud wanneer hy Jaloersbokkie sing en die Duitsers sing saam. Laataand by Thys se shows, as die voordansers lam raak en die ligte word gedoof vir nabyteendans, het hy Jaloersbokkie laat staan en sy song "Swakopmund" gedoen. Dan sing hy van 'n wegbreekplek agter Langstrand se duine en dinktyd op 'n stappie aan die strand.
Ek dink aan die ou wat op 49 jarige ouderdom net voor sy verjaardag dood is teryl ek juis na die karradio luister oppad Swakopmund toe. Die een of ander radiodiens het dit op die radio en ek luister na hoe die woorde op die snare uitspeel. Daar is nie vir my iets daaraan nie en ek soek op die speellys verder na Thys-songs. Die ooswind vat my vinnig van Vergenoeg tot in die Swakompnd en Jaloersbokkie blêr in die kajuit.
 
Toe dink ek aan die Gobabis sportsaamtrek waar ek onlangs gestop het en die jong Herero's hulle blaasbokse uitgepak het langs die sportvelde (die manne het 'n bondelsport-besigheid aangebied en kazebo's om die veld opgeslaan). Daar was Land Cruisers en jongens met boerboelklere. Rokerige vure waarop wors gebraai is en oorle Thys die Bosveldklong sê Jaloersbokkie het oor die Omaheke gehang soos die engste song wat ooit na die cloud-rekenaar opgelaai is.
 
Het Thys met sy zebravel-onderbaadjie, zebravelskoene en die band om sy hoed nie so vroeg gegroet nie, kon hy nog die dansers leer om aan die dalkbalke te hang as die meel op die dansvloer gegooi moes word.
Thys Streicher was 'n gewilde sanger by Namibiese skare en ek weet van baie saamsingers wanneer hy die ou weermagliedjie van grensdiensdoeners: Oshakati, Oshakati, Owamboland gesing het.
 
DIs die sangers en kitaarslaners wat uit Suid-Afrika genooi word om hier te kom ootree, dan raak hulle verlief op die land en net as hulle dit begin geniet, trek hulle verby oor die sakkende son waar daar 'n engelekoor wag om saam met hul liedjies te harmomiseer.
En wat los hulle agter... lawwe liedjies wat in jou kop draai tot jy loop slaap en hoop jy word nie daarmee wakker nie en hulle los 'n saamsing agter waar Namibiërs ny mekaar inhaak en ritmies saamswaai op die ritme van eie winde.