Padlangs Namibia

Spooktrein het weer geloop

Written by Gert Jacobie | Oct 30, 2024 3:54:08 PM
Ek het Woensdag op Padlangs geskryf oor die lokomotief wat in 2021 op Walvisbaai losgegooi het en tot in Swakopmund gehardloop het waar hy in daai simpel swingel, wat as n stasie identifiseer, omgedop het. Die befaamde lokomotief sonder n n drywer... ga!
Dit was nie die laaste wat die spook van TransNamib geloop het nie. Sommer onlangs weer en hierdie keer tussen Ondangwa en Omuthiya waar daai een-trein-per-week loop. n Leë trein van 26 of só goedere waens agter n kasarm-lokomotief wat so van die olie en roet besmeer is dat die spookdrywer selfs te skaam was om sy gesig te wys.
 
Die aangestelde drywer beweer; hy het n snaakse geluid gehoor en daar naby Omuthiya iewers gestop om ondersoek in te stel. Die enjin het geluier en toe hy op die grond is en langs die ou reus afstap om te luister..... wat sal hy sien, daar spring die lokomotief in tru-rat en sit die stukke in, terug Ondangwa toe.
 
Chaos... n reuseslang wat agteruit seil vir goed n 100 kilometer.
 
Ek het al treine gekry met net n drywer in op sulke eensame trajekte en gewonder of dit standaard operasionele prosedure is.
By Ondangwa het die spoories die aanstormende monster gestuit deur die waens te ontspoor. Drie hooray's vir die praktiese denkmasjien, want dit kon chaos wees waar daai trein uit spoed moes raak.
So viertien waens is afgeskryf en die res, saam met die loko het op die spoor tot stilstand geknars. Goddank die ding het ge-reverse.
My prentjiekop skets natuurlik die toneel daar waar die trein vir die drywer weggehardloop het en daar waar die planmakertjies aan die anderkant op Ondangwa vir die storm staan en wag het.
 
Duskant het die drywer seker staan en kyk en soos n goeie Owambo-sprekende eers in Afrikaans gevloek. (Vergewe my asb. Maar ek ken n Aawambo-skrik) en hy het sekerlik gesê: "Helle jassus", en homself deursoek om sy selfoon te kry.
Toe het hy airtime gesoek om Ondangwa in die hande te kry. Ek wil nie eens aan die verduidelikings dink nie.... en as daar n hardegat meme aan die antwoordkant was wat oppad was KFC toe - want onthou, die laaste trein vir die week is weg en die operators van TranNamib pay vroeg sodat hulle op die maandeind beskikbaar kan wees.
Wag, die prentjies in my kop verdring mekaar nou.
 
Dan moet die boodskap op Ondangwa aan die tersaaklike officials deurgegee word. Iemand moet iewers verantwoordelikheid neem vir die dood wat aangestorm kom.
Dis tyd vir "commith the moment, commith the man".
 
Ek sien n duisend whatsapp-oproepe vlieg en Elon Musk wie se Starlink oorlaai, ná Paratus en MTC se drade onder die grond en teen die torings af al gesmelt het. Toe daai oomblik van helderheid waar die leier besef hulle moet die spore losmaak dat die agterste trokke ontspoor. As hulle kan, moet hulle Wamboland se dik wit sand bymekaar skraap om die impak te verlig. Ook net klaar toe Kalunga met sy reverse-trein die doodsakker instorm.
Wel, "all's well that ends well", n rondte high five's is in orde! Opmekings soos "hel, check hierdie moerigeit" is in orde. Alles is in orde!
Dan n stilte waarin jy net selfoonkamera's kan hoor klik soos daar foto's geneem en aangestuur word. Almal wil die nuus eerste vertel en almal is helde.
 
Die stilte word verbreek as n stem bulder.... "Waal is daai donnol wat die tlein gely het?."