Padlangs Namibia

Eenkeer is nie genoeg nie

Written by Gert Jacobie | Oct 18, 2024 10:00:00 PM
My spoor op die land se geskiedenis-pad en oor die mooi van Namibia is 'n spoor wat baie keer getrap moet word om selfs net 'n deeltjie van 'n hele Namibia te wys.
 
Net soos wat 'n enkele besoek aan een van die baie Gondwana Colletion se stads- en bosherberge nooit genoeg kan wees nie, sal een keer se besoek aan Damaraland, die Kavango, Caprivi of Sossusvlei moes nooit die hele verhaal van Namibia of sy gasheerbedrywe kan vertel nie. Buitendien word Gondwana se oase in die woestynland soos huis-van-die-huis-af blyplekke.
By party van my gewilde blyplekke word ek nie meer met 'n vrugtedrankie welkom geheet nie, ek word om die hals geval (en dis nie omdat ek so gewild is nie, dis omdat die personeel so gulhartig is). My heel beste ervaring was by die Damara Mopanie-lodge onlangs waar ek vrekgriep aangekom het en amper te moeg was om kamer toe te stap. In my swakheid maak ek toe nog 'n grappie oor gholfkarretjies en oumens-staprame. Die portier (lelike naam vir 'n hulpvaardige, aangename tasdraer by die voordeur) sĂȘ toe vir my daar is nie wiele nie, maar as ek bietjie sit gaan haal hy vir my 'n kruiwa.
Die storie se naam is eintlik dat as jy deur Namibia toer, een toer nie genoeg is nie. Hier stop ons by 'n man wat 'n papwiel het, ons groet op Afrikaans by diensstasies, praat met mekaar by kafeetafels oor ditjies en datjies en gee raad oor waarheen om volgende te ry as jy ons mooi land besoek.
 
Ek sien deesdae die besoekers wat Namibia2Go huurmotors vat as hulle in die land aankom, verbroederlik ook soos spoorwegwerkers. As hulle verby mekaar ry, groet hulle op die land se stofpaaie soos beesboere wat 'n entjie uit mekaar boer. Dit lig 'n vinger of flikker ligte in erkenning van 'n gedeelde ervaring. Ek het al gesien hoe hulle uit twee rigtings bymekeer kom om pad-aanwysings te vra.
 
Dit is nou ons Namibia daai. Een besoek is te min om alles te sien. Twee besoeke is maar die begin van 'n lewenservaring en drie besoeke word 'n tuiskoms.
 
Die Gondwana Collection en filiale doen iets reg want hulle gee nogal die toon aan wanneer die lof van Namibia se toerisme-aanbieding besing word. Saam met hande vol ander spelers in die toerismebryf help hulle die besoekersyfers styg.